Deal Information
Brakanjan – Een Vir Almal En Almal Vir Een
Tien jaar nadat hy ‘n Musketier geword het, lewe Brakanjan en Juliet net buite Parys saam met hul kinders Flippie en Fleur.
Wanneer die Koning snaaks begin optree en Richelieu se soldate as paleiswagte aanstel in die Musketiers se plek, vra die Koningin vir Pom om Brakanjan, Athos, Portos en Aramis te vind om te kom help. Die indringer Blancbec word ontmasker en sy broer, die regte Koning, regeer weer oor Frankryk.
Blancbec sweer egter wraak en probeer eers om ‘n desooreenkoms met die Hertog van Beiere te verongeluk voordat hy Fleur laat ontvoer en as gyselaar aanhou in ruil
vir die koningskap.
Brakanjan, die Musketiers en selfs Milady en Vidimer span saam om Fleur te red. Blancbec en sy boewe word ondergesit en lewenslank in die tronk gegooi.
Die storie eindig wanneer Brakanjan tydens ‘n swierige bal as Hoofoffisier van die Koninklike Wag aangestel word. Almal, selfs Richelieu en Vidimer wens hom geluk.
Brakanjan En Die Drie Musketiers
Die verhaal begin in die Suide van Frankryk. Brakanjan reis met sy perd Rofti na Parys om as Musketier van die koninklike musketierwag opgelei te word.
In Parys ontmoet hy sy drie musketiervriende Portos, Athos en Aramis. Hul legendariese vaardighede met die swaard red hulle uit menige penarie terwyl hulle streef na edelheid, dapperheid en eerbaarheid. Pom, ‘n muis wie se oorgeslagte ook in die musketiers se kwartiere gewoon het, sluit later by hulle aan.
Brakanjan en sy vriende kry die koningin se gesteelde diamanthalssnoer terug en kortwiek so kardinaal Richelieu se planne om verdeeldheid te bring tussen koning Louis die Agste en koningin Anne.
Brakanjan is in sy noppies wanneer hy daarin slaag om Juliet se hart te wen, sowel as om volwaardig as musketier in die koning se musketierwag opgeneem te word.